X

Reëls:

Pryse en Reëls:

1.Wenners sal binne 7 dae van aankondiging hul kontant pryse ontvang. (bank besonderhede sal later aangevra word)
2.Pryse sal toegeken word aan al die wenners, alleenlik gebasseer op video inskrywings.
3.Die beoordelaars se besluit is finaal.

Wenke:

Hou jou selfoon dwars (Landscape) as jy die video neem. Onthou om steeds op te tree asof jy op die verhoog is ( maak seker jy staan nie op een plek stil nie)  jy kry punte vir verhoog persoonlikheid ook!

Image
Inskrywings:

1. Suid Afrikaanse Burger.
2. Hierdie kompetisie is vir persone van enige ouderdom.
3. Deelnemers onder die ouderdom van 18 jaar moet toestemming ontvang van n ouer of voog, en dit aandui op die inskrywingsvorm.
4. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.
5. 1-3 Sangers per inskrywing.
6. Geen van die beoordelaars se direkte familie mag deelneem nie.
7. Deelnemers mag nie n vol lengte album uitgereik he en/of in n kontrak gebonde wees met n platemaatskappy nie.
8. Slegs oorspronklike stem en klank video opnames al aanvaar word vir beoordeling. ( klank opnames alleenlik sal nie aanvaar word nie)
9. Inskrywings video mag nie meer as 4 minute lank wees nie, en nie ouer as 6 maande oud wees ten tyde van submissie nie.
10. Die inskrywings moet “live” opgeneem word.
11. Inskrywings vir Seisoen 1 van Songza begin 10 September 2021 en sluit 10 Desember 2021.
12. Deelnemers sal alleenlik beoordeel word op ingeskrewe video opnames.
13. Alle videos MOET met n selfoon geneem word. Sodra bevestiging gekry word dat jou inskrywing betaal is, sal die video op ons Facebook blad gelaai word en vir beoordelaars gestuur word. Ons beoordelaars sal dan in die gemak van hulle eie ateljees die video inskrywings beoordeel.
14. Mikrofone mag gebruik word, maar geen klank ‘editing’ word toegelaat nie.
15. Jy mag backtracks / karaoke tracks of n instrument gebruik vir begeleiding. A capella word ook aangemoedig

Image